Binnenshuise vrouehokkiespan skok SA, wen Nkosi-beker

Die Namibië binnenshuise vrouehokkiespan is die kampioene van die eerste Kathea Energy Nkosi-beker toernooi wat in Wynberg, Kaapstad aangebied is. Die Namibiërs het sake in die finaal uitgespook teen Suid-Afrika, en met ‘n telling van 4-2 met die louere weggeloop. Kiana Cormack van Namibië was die toornooi se top-doelskieter met altesaam 12 doele, waarvan sy drie in die finaal aangeteken het. Cormack is ook as die speler van die toernooi aangewys, en Namibië se Petro Stoffberg as die doelwagter van die toernooi. Gillian Hermanus was as die “mees waardevolle speler” in die finaal benoem. Die binnenshuise manshokkiespan het met 10-2 teen Suid-Afrika in hul finaal verloor.