Binnelandse sake: Vioolsdrif steeds tydelik gesluit

Die ministerie van binnelandse sake het ‘n span immigrasiebeamptes na die Noordoewer-grenspos gestuur om te help met kwessies ná die tydelike sluiting van die Vioolsdrif-grenspos tussen Namibië en Suid-Afrika ná oorstromings in die Noord-Kaap. Die woordvoerder van die ministerie, Margaret Kalo het vandag bevestig dat mense wat na Suid-Afrika wil reis, steeds van die Oranjemund- en Ariamsvlei-grensposte gebruik moet maak. Sy sê alle Namibiese grensposte is oop, maar die Vioolsdrift-grenspos in Suid-Afrika is steeds tydelik gesluit. Kalo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en ‘n beroep op reisigers gedoen om alternatiewe grensposte soos dié van Oranjemund en Ariamsvlei-Nakop te gebruik.