Binder is tevrede met sy podiumplek in Spanje

Die motorfiets-kampioen Francesco Bagnaia van Ducati het Suid-Afrika se Brad Binder ‘n dubbele oorwinning ontneem met sy sege by die Spaanse Grand Prix. Die Italianer het die eerste plek op die renjaers se punteleer teruggewen. KTM se Binder het drie plekke opgeskuif na die derde plek op die rangleer. Binder het die voorsprong behou vanaf ronde een totdat die Bagnaia hom in ronde 20 verbygesteek het. Die Suid-Afrikaner se Australiese spanmaat Jack Miller het derde geëindig en opgeskuif na die vierde plek op die renjaers se punteleer.