Billie Jean King-bekertoernooi vervroeg oor reën in Spanje
Die eerste wedstryd van die Billie Jean King-bekertoernooi in Málaga tussen die gasvrou, Spanje, en Pole gaan nou môre gespeel word nadat ‘n rooi weerwaarskuwing uitgereik is vir uiterste reën en oorstromings in dele van die land. Dit volg nadat meer as 200 mense dood is in onlangse oorstromings wat beskryf is as die ergste in Spanje se geskiedenis. Twaalf lande neem deel aan die vrouetoernooi in Andalusië. Die laaste paar dae sal oorvleuel met die mans se Davisbeker-eindtoernooi op dieselfde stadion.