BIG wil hoor wat is partye se planne met armoede
‘n Openbare bespreking word vanaand deur die Basic Income Grant Coalition, of BIG, tussen politieke partye en presidensiële kandidate gehou oor ongelykheid en armoede. Die koalisie sê die standpunt van alle belanghebbendes moet gehoor word. Volhoubare oplossings moet gevind word om die lewenstandaarde van Namibiërs wat ekonomies swaarkry te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met Tjipura Tjipura van BIG gesels wat meer inligting gee.
Die partye wat bywoning bevestig het, is die AR, RP, LPM, NUDO, SWANU, UDF en die onafhanklike kandidate, Rosa Namises en Ally Angula.