BIG sê toelaag sou gekeer het dat 45 kinders van wanvoeding sterfJuly 7, 2023
Die Basic Income Grant-koalisie in Namibië sê hy het met skok verneem van 45 kinders wat in die eerste ses maande in Omaheke aan wanvoeding dood is met meer as 130 gevalle wat aangemeld is. Dr. Basilius Kasera, ‘n ekonomiese teoloog by Unam en lid van die koalisie sê ‘n moontlike oplossing om armoede en wanvoeding reg te stel, is die universele basiese inkomstetoelaag wat reeds bewys is om huishoudings te voorsien van finansiële sekuriteit om voedsel aan te skaf. Hy sê Namibië kan nie kinderarmoede deur gemeenskapsprojekte soos sopkombuise aanspreek nie. Kinders moet tuis versorg word. Kasera maak ook melding van die Universele Verklaring van Kinderregte sowel as artikel 8 van die Grondwet, wat Namibië nie nakom nie.