BIG sê regering vertraag basiese inkomstetoelaag-kwessie

Die Basic Income Grant Coalition of Namibia het vroeër vandeesmaand opgeruk om ‘n universele basiese inkomstetoelaag van 500 Namibiese dollar per persoon per maand te eis. Johannes !Gawaxab, goewerneur van die Bank van Namibië, sê beleidmakers sal die haalbaarheid van so ‘n toelaag krities moet ondersoek. !Gawaxab het die opmerkings gemaak by die sentrale bank se eerste monetêre beleid-bespreking. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Renaani Musutua, die koalisie se woordvoerder, wat sê daar is al genoeg studies gedoen en die regering vertraag die kwessie.