BIG sê hy is gewalg deur gedrag van NBC

Die Basiese Inkomstetoelaag-koalisie sê hy is woedend en gewalg oor wat hy as doelbewuste sabotasie en onetiese gedrag van die nasionale uitsaaier, die NBC, beskryf. BIG sê hy het alle kontraktuele en finansiële verpligtinge vir ‘n veldtog op sy kanale nagekom maar, die uitsaaier het dit ‘n dag voor dit moes begin, geblokkeer. BIG sê verder dat om sake te vererger, het NBC se Digital News-platform twee dae ná die geleentheid vals inligting oor die koalisie uitgesaai deur te beweer dat die optog wat op 26 Augustus gehou is, gelei is deur Michael Amushelelo, terwyl hy in werklikheid die byeenkoms as ‘n gewone Namibiese burger bygewoon het. Die koalisie sê hy eis ‘n antwoord, veral omdat die uitsaaier met openbare fondse werk. Die Namibiese regering is gekant teen ‘n universele basiese inkomstetoelaag.