BIG beplan landswye optogte vir universele basiese inkomstetoelaag
Die Basic Income Grant-koalisie, BIG, sal op 26 Augustus landwye protesoptogte in die groot dorpe van byna elke streek hou, om by die regering te pleit om ‘n universele basiese inkomstetoelaag vir alle Namibiërs tot die ouderdom van 59 in te stel. Die optogte het ten doel om die dringende behoefte aan ekonomiese ondersteuning en maatskaplike geregtigheid aan te spreek in die lig van wydverspreide armoede en werkloosheid. Petisies sal aan die streekvoorsitters van elke streek waar die protesoptogte gehou word, oorhandig word. Quinzy Garises, hoof van regsake by die Trust vir Ekonomiese en Sosiale Geregtigheid, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gesê hulle pleidooi moet ernstige aandag geniet.