Bielie van ‘n rol in die mosiehof vandag
Dit was ‘n bielie van ‘n rol in die mosiehof se sessies vanoggend in die hoofstad. Regters Boas Usiku en Ramon Maasdorp het die twee sessies, wat 128 sake met 10 reël 108 aansoeke bevat het, hanteer. Kommersiële banke het 73 aansoeke om verstekvonnisse gebring met 32 eiendomme wat opgeëis is vir uitstaande skuld van 33,2 miljoen Namibiese dollar. Daar is 38 lenings wat agterstallig is en 13,2 miljoen dollar is betaalbaar. Drie voertuie moet ook terugbesorg word vir wanbateling. Daar sal nie Maandag ‘n mosiehof sessie vir onverdedigde egskeidings wees nie omdat dit ‘n vakansiedag is.