Biden veroordeel nóg ‘n massa-skietvoorval

Amerikaanse President Joe Biden het weer ‘n beroep op die kongres gedoen om strenger wapen-wetgewing deur te voer. Dit sluit in dat wapen-vervaardigers meer aanspreeklik gehou word vir wapengeweld. Dit volg nadat minstens vier mense doodgeskiet en minstens 28 beseer is by ‘n 16de verjaardagpartytjie in die staat Alabama. Die skietvoorval het by die Mahogany Masterpiece Dance Studio in die dorp Dadeville plaasgevind. Biden sê die toenemende wapengeweld in Amerika is skandalig en onaanvaarbaar. Meer as 160 massa-skietvoorvalle is vanjaar reeds in die land aangemeld.