Biden vermaan Israelse leier

Die Amerikaanse president Joe Biden sê die Israelse leier Benjamin Netanyahu se benadering tot die oorlog in Gaza “skaad Israel meer as wat hy help”. Biden sê Netanyahu het die reg om Israel te verdedig en steeds Hamas te beveg, maar waarsku die Israelse leier behoort meer aandag te gee aan die onskuldige lewens wat verloor word as gevolg van sy optrede.