Biden skop vas oor ploeterveldtog
President Joe Biden het belowe om sy veldtog vir herverkiesing voort te sit, selfs al het nog sewe mede-Demokrate in die Kongres hom aangemoedig om sy ploeterveldtog te beëindig. Hulle vrees dat dit die party duur te staan kan kom in die verkiesing op 5 November. Meer as een uit 10 kongresdemokrate het nou in die openbaar ‘n beroep op die 81-jarige president – wat by sy huis in Delaware isoleer met Covid – gedoen om opsy te staan. Biden het hardkoppig gebly en sê hy sal binnekort sy veldtog hervat.