Biden sê ná skoolskietery wapenwette moet in VSA verander

Amerikaners moet opstaan en lede van die Kongres druk om sinvolle wapenwette deur te voer, het die Amerikaanse President Joe Biden gesê ná die moord op minstens 19 kinders en twee onderwysers in ‘n Texas-skoolskietery. ‘n Demokratiese senator van Connecticut, Chris Murphy, het ook sy kollegas gesmeek om wetgewing oor wapenbeheer deur te voer. Die 18-jarige skieter wat deur die polisie doodgeskiet is, het ‘n handwapen, ‘n AR-15- semi-outomatiese geweer en hoëkaliber-magasyne by hom gehad. Murphy het die Amerikaanse Senaat in Washington toegespreek en sê hierdie massa-skietvoorvalle mag nie voortgaan nie.