Biden sê in brief aan Demokrate hy bly aan

Amerika se president Joe Biden het in ʼn brief aan Demokrate in die Kongres gesê sy veldtog om herverkies te word en oudpresident Donald Trump te verslaan, gaan voort. Dit volg ten spyte van kommer oor sy geestesgesondheid en die lewensvatbaarheid van sy veldtog. Biden sê hy voel ʼn diepe verpligting teenoor die geloof en die vertroue wat kiesers van die Demokratiese Party in hom stel. Hy sê enige swak besluitneming of gebrek aan duidelikheid oor die taak wat voorlê, help Trump en benadeel die party.