Biden sal ontslape Jordanië-soldate se oorskot ontvang

Die Amerikaanse president, Joe Biden, sal teenwoordig wees wanneer die oorskot van drie Amerikaanse soldate wat in ‘n aanval deur ‘n Irans-vervaardigde hommeltuig in Jordanië gesterf het, vandag in die Verenigde State aankom. Biden het vroeër gesê hy het besluit hoe om op die aanval te reageer. Die verwagtinge was daar sal vergeldingsaanvalle wees, maar ‘n aanval op Iranse grondgebied is waarskynlik nie ‘n moontlikheid nie nadat die Withuis gesê het Biden wil nie ‘n oorlog met Iran hê nie. Reuters berig die VSA het wel bevestig Iran het die hommeltuig vervaardig wat in die aanval gebruik is.