Biden ontmoet Navalny se weduwee en dogter in San Francisco

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het die Russiese opposisieleier Alexei Navalny se weduwee en dogter, Yulia en Dasha Navalnaya, in Kalifornië ontmoet. Navalny het ‘n week gelede in ‘n Arktiese tronk gesterf, met sy vrou wat die Russiese president, Vladimir Putin, beskuldig hy het sy dood gelas. Die VSA het vroeër vandag sanksies aangekondig teen sowat 500 Russiese burgers en ondernemings. Die Withuis het ‘n foto vrygestel van Biden wat Yulia in ‘n hotelkamer in San Francisco omhels, en hy het aan verslaggewers gesê sy sal voortgaan met haar man se stryd.