Biden maan Netanyahu oor ooreenkoms, komende samesprekings

Amerikaanse president Joe Biden en sy adjunk Kamala Harris het met die Israeliese premier Benjamin Netanyahu gepraat en druk op hom geplaas oor die dringendheid om ‘n ooreenkoms vir ‘n wapenstilstand in Gaza en die vrylating van gyselaars te beklink. Die oproep kom nadat Palestynse gesondheidsamptenare berig het dat minstens 50 Palestyne oor ‘n 24-uur-tydperk deur Israeliese lugaanvalle dood is. Biden het aan Netanyahu beklemtoon dat die komende samesprekings die naweek in Kaïro enige oorblywende struikelblokke uit die weg moet ruim.