Biden loof SA se regering van nasionale eenheid

Die Amerikaanse president Joe Biden het Cyril Ramaphosa met sy herverkiesing as Suid-Afrika se president gelukgewens. Hy het politieke partye ook geloof vir hulle samewerking om ‘n regering van nasionale eenheid te vorm. Biden sê Suid-Afrikaners het die blywende krag van ‘n regering ván die mense, déúr die mense en vír die mense demonstreer. Hy sien daarna uit om ekonomiese geleenthede tussen die twee lande uit te brei, om in skoon energieoplossings te belê en te wys dat demokrasie resultate oplewer.