Biden kondig noodtoestand in Guam af oor Tifoon Mawar
Inwoners van Guam maak hulle gereed vir die tifoon Mawar wat op pad is na dié Passifiese eiland-streek. Mawar is ‘n kategorie 4-tifoon en die verwagting is dat dit die ergste nóg in dekades sal wees. Inwoners in dié Amerikaanse gebied word reeds deur sterk wind en swaar reën geteister. Kragonderbrekings en ‘n tekort aan watervoorraad kom reeds op plekke voor. President Joe Biden het reeds ‘n noodtoestand afgekondig en mense in laagliggende gebiede is ontruim. Sowat 60 vlugte is gekanselleer.