Biden kanselleer Angolese besoek

Amerikaanse president Joe Biden het sy reis na Angola wat vir 13-15 Oktober geskeduleer was, uitgestel as gevolg van orkaan Milton wat vandag die Tampa-gebied in Florida sal bereik. Angolese media berig geen opvolgdatum is verskaf nie. Biden sou eers besoek aflê in Duitsland. Daar was groot  afwagting vir die besoek, die eerste deur ‘n Amerikaanse staatshoof sedert Barack Obama. Angola het ook hard gewerk om sy beeld in die Weste te verbeter.