Biden is te oud, punt.
Een-en-sestig-persent van die Amerikaners wat in 2020 vir president Joe Biden gestem het, glo hy is weens sy ouderdom nie geskik om ʼn tweede termyn te dien nie. Dit is volgens ʼn meningspeiling van die New York Times en die Siena College. Op 81 is Biden die oudste dienende president in Amerika se geskiedenis. Indien hy in November weer verkies word sal hy aan die einde van sy termyn 86 jaar oud wees. Uit alle geregistreerde kiesers het 26-persent gesê Biden se ouderdom maak hom ondoeltreffend, maar hy kan die werk steeds goed genoeg doen.