Biden is te oud om vrye wêreld te lei

‘n Amerikaanse kongreslid wat president Joe Biden, ‘n mede-demokraat, van ‘n tweede termyn wil stuit, het Biden as swak en onverkiesbaar beskryf. Kongreslid Dean Phillips, ‘n skatryk demokraat van Minnesota wat vir president verkiesbaar is, het tydens ‘n veldtoggeleentheid in Nashua, New Hampshire, gesê dat hy hoop om wat hy Biden se swakheid genoem het, bloot te lê deur goed te vaar in Dinsdag se stemming. Hy het ook kennis geneem van Biden se gevorderde ouderdom, 81. Hy sê as mens na die kiesers luister, voel hulle hy is in ‘n stadium van die lewe wat dit onversoenbaar maak om die vrye wêreld te lei. En dieselfde is waar van Donald Trump. Phillips is 55.