Biden het nie dokumente by Rehoboth nie

Die Amerikaanse President Joe Biden se prokureur het bevestig geen geklassifiseerde dokumente is in sy huis in Rehoboth Beach in Delaware gevind nie. FBI-agente het die huis gister in minder as vier ure deursoek. Die prokureur Bob Bauer sê die deursoeking is in belang van operasionele sekuriteit en integriteit, sonder openbare vooraf-waarskuwing uitgevoer. Die soektog is die jongste in ‘n reeks wat op verskeie persele uitgevoer is nadat geklassifiseerde dokumente by Biden se vorige kantoor by die Penn Biden-sentrum in Washington, en sy huis in Wilmington gevind is.