Biden het net lof vir Harris
Amerika se president Joe Biden sê hy twyfel nie dat visepresident Kamala Harris haar steeds sal beywer vir kwessies wat tydens haar veldtog belangrik was nie. Hy het sy veldtog vir ʼn tweede termyn in Julie beëindig en Harris ondersteun, wat egter teen gekose president Donald Trump verloor het. Biden sê sy het onder buitengewone omstandighede ingespring en ʼn geskiedkundige veldtog gelei wat tekenend was van wat moontlik is wanneer ʼn sterk morele kompas en ʼn duidelike visie vir die nasie iets rig. Hy sê haar storie is die beste deel van Amerika se storie.