Biden het kommer oor toenemende isolasie van Israel en dus, VSA

Die Amerikaanse president, Joe Biden, waarsku dat Israel wêreldwye steun begin verloor oor wat hy noem sy onoordeelkundige bomaanvalle op burgerlikes in Gaza. Palestynse gesondheidsamptenare sê meer as 18 000 mense is sedert 7 Oktober dood in die Israeliese aanslag op Gaza. Israel het sy aanvalle uitgevoer na ‘n aanvanklike aanslag deur Hamas. Biden sê daar is geen twyfel oor die behoefte om Hamas aan te vat nie, maar Israel moet dit korrek doen, en sy reaksie moet die beskerming van burgerlikes insluit. Die Britse verdedigingskenner Michael Clarke het sy mening oor Biden se aanmerkings so verwoord.

Russiese president Vladimir Putin het sy bande met Iran, wat Hamas en Hezbollah befonds, onlangs versterk.