Biden, Harris hou vergadering oor Hamas-gyselaars

President Joe Biden sal met Amerikaanse onderhandelaars vergader wat druk uitoefen vir ’n ooreenkoms om gyselaars vry te laat in die Israel-Hamas-oorlog. Dit volg na die dood van ses gevangenes in Gaza, insluitend ʼn Amerikaanse burger. Biden se amptelike skedule is hersien vir ʼn vergadering in die Withuis, wat ook bygewoon sal word deur visepresident Kamala Harris, wat in die wedloop is om hom na November se verkiesing op te volg. Amerika en mede-onderhandelaars, Egipte en Katar, beywer hulle vir ʼn uitruiling van gyselaars en gevangenes, en ʼn skietstilstand in Gaza.