Biden gee kwytskelding aan gay-soldate

Die Amerikaanse president, Joe Biden, beplan om militêre veterane kwyt te skeld wat skuldig bevind is ingevolge ‘n wet wat homoseksualiteit in die gewapende magte verbied het. Biden sê in ‘n verklaring, hy beoog om ‘n historiese fout reg te stel. Hy prys die moed en opoffering van duisende LGBT-dienslede wat uit die weermag gedwing is weens hul seksuele oriëntasie of geslagsidentiteit. Biden sê hulle dra al dekades lank die las van ‘n groot onreg weens ‘n wet wat in 1951 in werking getree het.