Biden federaal aangekla vir mensregte skendings in Gaza

Die Amerikaanse menseregteorganisasie, die Sentrum vir Konstitusionele Regte, het namens Palestynse regtegroepe ‘n federale regsgeding teen president Joe Biden aanhangig gemaak. Die sentrum beskuldig hom en sy administrasie van pligversuim ingevolge internasionale en Amerikaanse wette om Israel te verhoed om volksmoord in Gaza te pleeg. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken en minister van Verdediging, Lloyd Austin, word ook by die hofsaak betrek. Die menseregteorganisasie beweer Israeliese optrede insluitend massamoorde, die teiken van burgerlike infrastruktuur en die gedwonge uitsettings kom op volksmoord neer.