Biden en Bibi praat oor Israel se aanval op Iran
Amerikaanse president Joe Biden en Israeliese premier Benjamin Netanyahu het Woensdag ‘n telefoniese gesprek gehad, vir die eerste keer sedert Augustus. Dit het saamgeval met ‘n skerp eskalasie van Israel se konflik met beide Iran en die Iran-gesteunde Libanese Hezbollah, terwyl daar geen teken van ‘n skietstilstand in Gaza is nie. Die Israeliese verdedigingminister, Yoav Gallant, het later gesê ‘n Israeliese aanval teen Iran sal dodelik, presies en verrassend wees. Na hy Iran se missielaanval op 1 Oktober as ‘n mislukking beskryf het, het Gallant in ‘n video gesê “hulle sal nie verstaan wat gebeur het en hoe dit gebeur het nie, hulle sal die resultate sien”.