Biden eis aanspreeklikheid na aktivis se dood in Wesoewer

Amerika se president Joe Biden noem die Israeliese weermag se moord op ‘n Amerikaanse aktivis in die Wesoewer “heeltemal onaanvaarbaar” en sê Israel moet meer doen om seker te maak dat dit nooit weer gebeur nie. Israel het verantwoordelikheid aanvaar vir die dood van die 26-jarige Aysenur Ezgi Eygi. Biden sê die Amerikaanse regering verwag voortgesette toegang tot die kriminele ondersoek na die skietery. Intussen het Israeliese magte Woensdag minstens ses Palestyne in afsonderlike voorvalle in die besette Wesoewer doodgemaak. Volgens die magte was hulle gewapende militante.