Biden dreig met sanksies teen Sudan
Die Amerikaanse President Joe Biden dreig met nuwe sanksies teen diegene wat verantwoordelik is vir die aanslag teen vrede, veiligheid en stabiliteit in Sudan. Gevegte tussen die weermag en sy paramilitêre teenstanders, die Rapid Support Forces, het reeds die lewens van meer as 550 mense geëis en minstens 334 000 inwoners van die land is ontwortel. Biden sê die geweld is ‘n tragedie en verraad teen die mense van Sudan se eise vir ‘n burgerlike regering en ‘n oorgang na demokrasie.