Biden boos vir Trump en ‘politieke leuens’

Reddingspogings en opruimingswerk duur voort in Florida na orkaan Milton en daar word bespiegel dit storm versekeraars tot 100 miljard Amerikaanse dollar kan kos. Die bystand deur die federale regering word op die oomblik verpolitiseer met Donald Trump wat veral krities is. Hy word ook van wanligting en leuens beskuldig. President Joe Biden het hom ten sterkste daaroor uitgespreek.