Biden besoek Maui na verwoestende veldbrande

Amerika se President Joe Biden en sy vrou, Jill Biden, besoek vandag Maui in Hawaii, waar veldbrande die geskiedkundige dorp Lahaina verwoes het. Daar is 114 mense is dood, meer as 2 000 huise is vernietig en honderde mense word nog vermis. Die Amerikaanse federale noodbestuursagentskap se administrateur, Deanne Criswell, sê soektogte in Lahaina is 78 persent afgehandel en slagoffers het meer as 152 miljoen Namibiese dollar aan federale hulp ontvang. Die Withuis sê die president sal nooddienswerkers, beamptes en slagoffers ontmoet om eerstehandse inligting oor die verwoesting te kry.