Bibi sê sy magte sal nie uit Gaza onttrek nie

Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hulle sal nie magte uit Gaza onttrek of Palestynse gevangenes bevry nie. Dit volg nadat die hoof van Hamas, Ismail Haniyeh, gesê het die militante groep is oop vir ernstige gesprekke oor ‘n moontlike gyselaarsooreenkoms. Ongeveer 136 mense word steeds deur Hamas in Gaza as gyselaars gehou. Netanyahu sê Israel sal die oorlog net beëindig indien hy al sy doelwitte bereik, naamlik om Hamas uit te skakel, al die gyselaars huis toe te bring en te verseker dat Gaza nie meer ‘n bedreiging vir Israel inhou nie.