Bibi se soldate voer operasie in hospitaal uit
Israelse spesiale magte het ‘n aanval uitgevoer op die Nasser-hospitaal in Gaza, die grootste werkende hospitaal in die enklawe. Dit volg nadat hulle dit vir dae afgesper het. Israel se weermag het verskeie verdagtes in hegtenis geneem. Dokters Sonder Grense sê ‘n onbekende aantal mense is dood of beseer toe die hospitaal vroeg gisteroggend gebombardeer is. Volgens internasionale media het mediese owerhede gesê Israelse skerpskutters het vroeër ‘n aantal mense doodgeskiet wat uit die Nasser-hospitaal probeer vlug het.