Bibi sê sanksies is belaglik
Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu het onderneem om sanksies te beveg teen Israelse militêre eenhede. Dit volg na berigte dat ‘n eenheid van die Israelse weermag, die Netzah Yehuda-bataljon, Amerikaanse sanksies in die gesig staar oor sy optrede teen Palestyne in die Wesoewer. Die eenheid word beskuldig van ernstige menseregteskendings. Netanyahu sê in die oorlog teen Hamas is die instel van sanksies teen ‘n eenheid van die hulle weermag die hoogtepunt van absurditeit en ‘n morele laagtepunt.