Bibi sê Rafah-sterftes is ‘tragies’
Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu beskryf Sondag se lugaanval in Rafah, Gaza, as ʼn tragiese fout. Minstens 45 mense, insluitend vroue en kinders, is in die aanval op ʼn kamp vir ontheemdes dood. Dit was een van die dodelikste voorvalle die afgelope agt maande en kom dae nadat die Internasionale Geregshof Israel beveel het om onmiddellik sy optrede in Rafah te staak. Netanyahu sê die weermag doen alles moontlik om niemand te beseer wat nie deel van die konflik is nie, maar sê hy sal voortgaan om teen Hamas te veg.