Bibi sê oorlog teen Hezbollah sal voortgaan
Israel se weermag sê hy het presisie-aanvalle in die Libanese hoofstad Beiroet uitgevoer en ʼn Hezbollah-bevelvoerder is dood. Vyftien mense is beseer. Dit ten spyte van 12 bondgenote, insluitend Amerika, die Verenigde Koninkryk en Frankryk, se oproep vir ʼn skietstilstand van 21 dae in Libanon. Hulle vra ʼn diplomatieke oplossing vir die toenemende konflik. Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy het die weermag opdrag gegee om Hezbollah met alle mag te beveg tot hul doelwitte bereik word. Intussen is minstens 15 mense in Gaza in ʼn Israelse lugaanval dood.