Bibi sê nee vir Biden, Rafah sal aangeval word
Israeliese premier Benjamin Netanyahu het ‘n pleidooi van die Amerikaanse president Joe Biden verwerp om ‘n beplande grondaanval op Rafah, die laaste toevlugsoord in Gaza vir meer as ‘n miljoen ontheemdes, af te weer. Israel glo dat Hamas-militante daar skuiling soek. Jake Sullivan, nasionale veiligheidsadviseur van die Withuis, sê Washington glo dat die bestorming van Rafah ‘n “fout” sal wees en dat Israel sy militêre doelwitte op ander maniere kan bereik. Amerikaanse en Israeliese amptenare sal waarskynlik vroeg volgende week in Washington vergader om Israel se militêre operasie in Rafah te bespreek, het Karine Jean-Pierre, woordvoerder van die Withuis, gesê te midde van groot kommer oor berigte van ‘n dreigende hongersnood in Gaza.