Bibi ontken IDF teiken VN-vredesmagte in Libanon

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, ontken bewerings dat sy weermag doelbewus die Verenigde Nasies se vredesmaglede in die suide van Libanon aanval. Die VN sê Israel het die afgelope week op sy lede geskiet, ʼn basis met geweld binnegegaan, ʼn noodsaaklike logistiese operasie gekeer en meer as tien personeellede in die suide van Libanon beseer. Netanyahu sê Hizbollah is bedrywig in gebiede naby tussentydse VN-magte in Libanon: