Bibi ontbind sy oorlogskabinet

Israeliese premier Benjamin Netanyahu het sy oorlogskabinet van ses lede ontbind, ná die vertrek uit die regering van die sentristiese voormalige generaal Benny Gantz. Netanyahu sal na verwagting konsultasies oor die Gaza-oorlog hou met net ‘n klein groepie ministers, insluitend verdedigingminister Yoav Gallant en minister van strategiese sake, Ron Dermer, wat in die oorlogskabinet was. Gantz en sy bondgenoot Gadi Eisenkot het albei verlede week die regering verlaat, oor wat hulle noem Netanyahu se versuim om ‘n strategie vir die Gaza-oorlog te vorm.