Bibi ontbind oorlogskabinet
Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu het sy oorlogskabinet van ses lede ontbind. Dit volg op die onttrekking van sy bondgenoot Gadi Eisenkot en die sentristiese opposisieleier Benny Gantz. Israelse media berig dat kwessies oor die oorlog met Hamas in Gaza nou deur ‘n kleiner forum beslis sal word. Die oorlogskabinet is saamgestel vyf dae ná die Hamas-aanvalle op 7 Oktober.