Bibi nie afgeskrik na aanval op sy huis nie

Israeliese premier Benjamin Netanyahu sê hy is nie afgeskrik van sy oorlogsdoelwitte ná ‘n hommeltuig-aanval op sy privaat woning nie. Hy waarsku dat enigiemand wat probeer om Israel se burgers leed aan te doen, ‘n duur prys sal betaal. Die aanval, by sy huis in die noordelike kusdorpie Caesarea het niemand beseer nie. Netanyahu en sy vrou was nie tuis nie. Iran sê Hezbollah het die aanval geloods.