Bibi kanselleer amptelike besoek aan VSA

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het twee van sy topraadgewers se beplande besoek aan Amerika afgestel. Dit volg nadat Amerika nie ʼn besluit van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad geveto het nie, maar eerder buite stemming gebly het. Die resolusie eis ʼn onmiddellike skietstilstand in Gaza tydens die maand Ramadan. Netanyahu beskuldig Amerika dat hy Israel se oorlogspoging en pogings om gyselaars te bevry in gevaar stel deur nie sy veto-reg te gebruik nie. Die Withuis sê sy besluit om buite stemming te bly beteken nie ʼn verandering in beleid nie.