Bibi blameer Hamas vir burgerlike sterftes
Die Israelse premier is ‘n besige man en het sy vierde landsleier in Jerusalem, Franse president Emmanuel Macron verwelkom na besoeke deur Amerikaanse president Joe Biden, Britse premier Rishi Sunak en Hollandse eerste minister Mark Rutte. Benjamin Netanyahu het die media toegespreek en sê Hamas is verantwoordelik vir burgerlikes se sterftes omdat hy Gaza-inwoners verhoed om na veilige gebiede te reis.