Bibberweer op pad vir hele Namibië

Die winter is hier en die koue word reeds gevoel met selfs ‘n paar druppels winterreën. Mens sou verwag dat hierdie winterseisoen nie so koud sal wees nie ná die swak reënval wat die land vanjaar gekry het. Weerkenners voorspel egter dat ‘n paar koue fronte in die komende dae in die meeste dele van die land ervaar sal word. Plaaslike weerkenner van Aranos, George van der Merwe, het sy bibberweer voorspelling met Kosmos 94.1 Nuus gedeel…