Bhengu-Motsiri oortuig ANC-ondersteuners sal party verdedig

Die woordvoerder van die ANC, Mahlengi Bhengu-Motsiri, het by die party se manifes-bekendstelling in Durban vertroue uitgespreek in ‘n oorwinning in die verkiesing. Bhengu-Motsiri sê ANC-lede staan bankvas agter die regerende party. Sy het die ANC se prestasies verdedig, met die instel van ‘n beleid oor die afgelope drie dekades wat tot voordeel van Suid-Afrikaners strek, en beklemtoon die party se maatskaplike verbintenis met die nasie.