Bheki sê onwettige immigrante sal gearresteer word

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê mense het nie die reg om onwettig in enige land te wees nie en as mense in Suid-Afrika is sonder ‘n paspoort, moet hulle gearrresteer word. Cele het by die amptelike bekendstelling van Operasie Shanela in eThekwini gepraat. Hy sê beamptes moet almal wat onwettig in die land is, opspoor.