Bheki: Polisie sal Brics-beraad beveilig
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, doen ‘n beroep op polisiebeamptes om misdadige bedrywighede te voorkom en te bekamp en die 15de Brics-beraad te beveilig wat van môre in die Sandton-konvensiesentrum plaasvind. Hy het verskeie beamptes toegespreek, insluitend die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en noodbestuursdienste wat ontplooi is vir die beraad. Cele sê dit is polisiebeamptes se plig om toe te sien besoekers geniet hul verblyf in die land tydens die beraad.